fbpx
Vryheidsfront Plus

Hoof van Nasionale Vervolging mag nie weer ‘n politieke aanstelling wees nie

Die aanstelling van die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet voortaan sonder enige politieke invloed of inmenging geskied om weer geloofwaardigheid in dié kantoor te vestig.

Dr Corné Mulder, VF Plus-parlementêre woordvoerder vir Jusitisie, sê die uitspraak van die Grondwethof Maandag oor die onwettigheid van adv. Shaun Abrahams se aanstelling as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die berekende rol onderstreep wat oud-president Jacob Zuma in die aanstelling van Abrahams gespeel het.

Mulder sê dit is verblydend dat die Grondwethof opdrag gegee het dat die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag binne agtien maande gewysig met word aangesien sekere aspekte daarvan ongrondwetlik is.

" ‘n Onafhanklike komitee bestaande uit regskundiges in samewerking met die parlement aangewys moet word om die aanstelling te maak "

 

"Een verandering waarop die VF Plus sal aandring, is dat die president nie meer enige rol sal speel in die aanstelling van die NVG-hoof nie.

"Om enige verdere politieke inmenging in dié aanstelling te vermy, sal dit ook nie raadsaam wees om die parlement alleen met die taak te belas nie.

"Die VF Plus is van mening dat ‘n onafhanklike komitee bestaande uit regskundiges in samewerking met die parlement aangewys moet word om die aanstelling te maak sodat daar geen twyfel kan bestaan oor die onafhanklikheid van die NVG en sy hoof nie.

"Dit is ook van die grootste belang om so gou doenlik met die proses te begin aangesien die kantoor van die NVG lamgelê is deur die regstryd om sy hoof, soos die Grondwethof in sy uitspraak uitgewys het," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.