Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Herverdeling van grond: Raswet op pad

Die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling het vandag aan die betrokke parlementêre portefeuljekomitee bekend gemaak dat die sogenaamde “Gelyke Toegang tot Grond-” (Equitable Access to Land) wetsontwerp vanjaar geloods gaan word.

Die doel van die wetsontwerp is om grondbesit op ‘n rassegrondslag met die land se demografie in ooreenstemming te bring.

Volgens beplanning sal die kabinet die wetsontwerp reeds in Maart bespreek, met beskikbaarstelling vir openbare kommentaar in April en Mei, bespreking in Nedlac in Augustus en tertafellegging in die parlement in Oktober.

Min besonderhede is nog bekend, behalwe dat die doel is om die sogenaamde skeefgetrekte patroon van grondbesit in die afsienbare toekoms reg te stel.

Die Onteieningswet wat president Cyril Ramaphosa vroeër vanjaar geteken het, word in verband met die voorgenome wetsontwerp genoem, as ‘n meganisme waarvolgens die staat toegang tot grond kan kry.

Die VF Plus wil almal met belang by grondbesit aanmoedig om paraat te wees. Dit lyk of die ANC die uitdaging van die MK Party op hierdie manier die hoof wil bied en so vinnig moontlik beweeg.

Nóg die departement, nóg die portefeuljekomitee, maak ‘n geheim daarvan dat hierdie wetsontwerp grondbesit deur wit mense teiken.

Hulle beskou dit as ‘n deel van die vryheidstryd wat in 1994 agterweë gelaat is. Dit is ‘n ander manier om te sê dat hulle besluit het om dié skikking op nog ‘n manier eensydig op te skort.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.