fbpx
Vryheidsfront Plus

Herstelwerk aan Rietspruitbrug begin

Die VF Plus neem kennis van die Gautengse departement van paaie en vervoer se besluit om volgende week te begin met herstelwerk aan die Rietspruitbrug.

Die brug is in Februarie verlede jaar vir verkeer gesluit nadat oorstromings groot skade daaraan aangerig het.

Volgens die departement sal dit sowat R5 miljoen kos om die brug te herstel.

Inwoners aan die westekant van Vaaloewer moes in die jaar ompaaie ry om Vanderbijlpark te bereik. Baie kinders wat hier woon, is op skool in Vanderbijlpark.

Die plaaslike gemeenskap het ná die oorstromings ingespring om die pad na die laagwaterbrug wat in 1922 gebou is, vir verkeer begaanbaar te maak.

Swaar voertuie kan die pad nie gebruik nie weens ʼn gewigsbeperking. Die pad kon ook nie na swaar neerslae gebruik word nie omdat die laagwaterbrug oorstroom.

ʼn Tweede alternatiewe roete na Vanderbijlpark, wat feitlik onbegaan is, is om die R59 na Sasolburg te volg waarna ʼn aansluiting na Vanderbijlpark geneem kan word.

Die VF Plus sal herstelwerk aan die pad dophou wat volgens die departement in Mei vanjaar voltooi sal wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.