fbpx
Vryheidsfront Plus

Groeiende probleme staar Merafong in die gesig

Die VF Plus kon nie die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se aansuiweringsbegroting steun nie weens die munisipaliteit se onvermoë om die munisipaliteit effektief te bestuur en dienste van gehalte te lewer.

Merafong het tydens die voorlegging van sy aansuiweringsbegroting erken die huidige finansiële situasie is onvolhoubaar en dat die munisipaliteit nie langer ‘n lopende saak is nie.

Die munisipaliteit is gedwing om sy inkomstebegroting afwaarts aan te pas van R601 miljoen tot R484 miljoen.

Die kredietinvorderingskoers vir diensterekeninge is van 50% aangepas tot 55%. Dit beteken dat die munisipaliteit nog altyd net 50% van alle uitstaande skuld van inwoners en ondernemings kon invorder.

Om die aanpassing te bereik, sal alle regeringsdepartemente, munisipale amptenare en raadslede met uitstaande skuld, finale rekeninge ontvang waarna dienste beëindig sal word as betaling nie geskied nie.

Tans skuld net regeringsdepartemente R32 miljoen aan agterstallige munisipale rekeninge.

Merafong se agterstallige skuld aan Eskom beloop R700 miljoen en aan Randwater R347 miljoen.

Die VF Plus kan nie ‘n aansuiweringsbegroting goedkeur wanneer inwoners in groot gedeeltes van die munisipaliteit vir dae sonder krag moet klaarkom weens die swak instandhouding van kraginfrastruktuur nie.

Die VF Plus sal aanhou druk plaas op die munisipaliteit om aan sy getroue belastingbetalers die dienste te lewer waarvoor hulle ten duurste betaal.

Navrae: 082 671 2302

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.