fbpx
Vryheidsfront Plus

Fokus eerder op private sektor, vaardighede en ekonomiese groei as swart ekonomiese bemagtiging

(Debat oor Noord-Kaapse provinsiale openingsrede)

Daar kan op die VF Plus gereken word om in belang van Noord-Kapenaars die provinsiale regering se goeie planne te erken en slegtes te kritiseer. Dit klink byvoorbeeld goed as die premier 'n provinsiale konstruksiemaatskappy in die lewe wil roep, maar in werklikheid is dit nuttiger om 'n sterk private sektor te stimuleer.

Gesonde sakebeginsels en goeie bestuur doen meer om ekonomiese groei te bewerkstellig, as goeie voornemens wat deur swart ekonomiese bemagtiging (SEB) gekniehalter word.

Op 'n soortgelyke wyse is dit goed om te hoor hoeveel mense met maatskaplike toelaes bygestaan word, maar Noord-Kapenaars verdien beter. Elke toelaag rig 'n beskuldigende vinger na die hoë werkloosheidsyfer.

Daarom word planne om onderwys in die provinsie te verbeter, wat reeds begin het om vrug af te werp, verwelkom. 'n Strategie waarvolgens skoolverlaters tydens 'n diensjaar noodsaaklike ervaring en vaardighede opdoen, kan ook help om jeugwerkloosheid te bowe te kom.

Dit bekommer die VF Plus dat soveel munisipaliteite in die provinsie onstabiel en finansieel nie lewensvatbaar is nie. Dit is belangrik dat elke munisipaliteit as 'n sake-eenheid bestuur word.

Wanneer dit gebeur, sal skuld nie toegelaat word om onbetaalbaar hoog te raak nie en bekwaamheid sal 'n belangriker rol by aanstellings speel as politieke lojaliteit. Munisipale regering maak immers die grootste verskil aan mense se alledaagse lewens.

Energie is vir die uitgestrekte Noord-Kaap van allergrootste belang. Daarom dat stygende oliepryse, veral in die lig van internasionale konflik, 'n ernstige bedreiging vir die provinsiale ekonomie inhou.

Tog kan dit ook 'n geleentheid skep. Die oorgang na 'n koolstofneutrale ekonomie kan deur die konflik verhaas word, met die Noord-Kaap wat ideaal geleë is om hernubare krag energie-intensiewe bedrywe te huisves.

In samehang hiermee kan verwys word na die Boegoebaaise hawe, wat nie net vir die Richtersveld nie, maar vir die hele provinsie 'n belangrike bron van welvaart kan word.

Soos altyd in die verlede beloof die VF Plus om sy deel te doen om 'n beter provinsie vir almal in die Noord-Kaap te skep.

Die VF Plus sal help waar hy kan. Ons sal kritiseer indien dit nodig is. Ons sal toesien dat die planne wat gemaak word uitgevoer word en ons sal korrupsie met alles tot ons beskikking beveg.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.