fbpx
Vryheidsfront Plus

Grant Marais nuwe Wes-Kaapse ondervoorsitter

Die VF Plus in die Wes-Kaap het mnr. Grant Marais eenparig aangewys as dié provinsie se nuwe ondervoorsitter. Hy neem die plek in van adv. Lennit Max wat uit die party bedank het.

Mnr. Marais dien tans as VF Plus-raadslid in die Kaapstad-metro waar hy ook lid is van die metro se portefeuljekomitee vir water en sanitasie.

Mnr. Marais is wyd in sy gemeenskap bekend vanweë sy jare lange betrokkenheid in die gemeenskap, veral daar waar nood en behoefte op die hoogste is.

Hy is ʼn aktiewe uitvoerende lid van die Bruin Bemagtiging Beweging (BBB), ‘n burgerregte-organisasie wat deur wyle dr. Danny Titus en mnr. Peter Marais begin is en wat hom beywer vir die belange van die bruin gemeenskap.

Mnr. Marais het in November 2018 by die VF Plus aangesluit. Voor dit was hy onder meer takbestuurder en bestuurder van African Bank se versekeringsafdeling in Atlantis en verhoudingsbestuurder van Absa-bank in Tygervallei.

Sy studierigting was gemik op die finansiële wêreld en hy het ná matriek in 1992 onder meer ʼn NKR (Vlak 6) in Welvaartbestuur en Beleggings behaal aan die Gordons Institute of Business Science. Hy is tans ʼn LLB-student in sy finale jaar aan Unisa.

By die VF Plus het mnr. Marais hom gou onderskei as ʼn harde werker wat nou betrokke is by party-aktiwiteite in die provinsie.

Hy dien op verskeie strukture en is onder meer lid van die Wes-Kaapse provinsiale raad, die provinsiale regskomitee asook die party se federale raad.

Mnr. Marais is ʼn gewilde en gewaardeerde lid van die party in die Wes-Kaap oor wie se bekwaamheid en bereidwilligheid om hard te werk onder alle gemeenskappe waar daar nood is, daar geen twyfel bestaan nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.