Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-onbevoegdheid kos Matlosana miljoene rand

Die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit het hierdie week miljoene rand se finansiële bystand vir die installering van elektrisiteit-slimmeters van die nasionale tesourie (NT) deur sy vingers laat glip weens die laksheid van die ANC in die munisipale raad.

Die NT het die munisipaliteit reeds in Maart uitgenooi om formeel aansoek te doen vir deelname aan die tesourie se munisipale skuldverligtingsprogram, wat die installering van gesubsidieerde elektrisiteit-slimmeters insluit.

So ʼn stelsel sal die invordering van kragtariewe van verbruikers dramaties verbeter.

Die uitnodiging het ʼn omvattende konsep-aansoek en projekplan vir Matlosana ingesluit om die munisipaliteit se taak te vergemaklik. Die sperdatum vir aansoeke was 30 April 2024.

Die ANC-meerderheid in die munisipale raad het tydens Dinsdag se raadsitting besluit om nie die aansoek vir bystand by die tesourie in te dien nie.

Dít ten spyte van die feit dat die munisipaliteit se stelsels vir die invordering van kragrekeninge lank reeds in wanorde is. Matlosana se uitstaande skuld aan Eskom beloop meer as R1,6 miljard.

Die ANC in die raad het aangevoer dat ʼn diensverskaffer reeds in Oktober 2023 aangestel is om ʼn slimmeterstelsel in die munisipale gebied te installeer.

Dit is verstommend dat die ANC ʼn finansiële hulp- en ondersteuningspakket ter waarde van miljoene rand van die hand wys, terwyl Matlosana se skuldlas hand oor hand toeneem weens onder meer die swak invordering van kragskuld aan die munisipaliteit.

Die VF Plus het reeds by herhaling uitgewys dat dringende stappe geneem moet word om die invordering van kragskuld te prioritiseer en die kultuur van wanbetaling in die gemeenskappe hok te slaan.

Suid-Afrikaners moet op 29 Mei met hul stemme verseker dat die onbevoegde ANC uit regering verwyder word en vervang word met ʼn professionele koalisieregering waarvan die VF Plus ʼn kerndeel vorm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.