fbpx
Vryheidsfront Plus

Gerugte van uitbreek van tifuskoors in Tshwane onwaar

Die Tshwane-metro beskou sosiale media-gerugte van die uitbreek van tifuskoors in die metro as onwaar.

Slegs 43 gevalle van tifuskoors is sedert Desember 2021 in Tshwane-metro aangemeld. Dit word veroorsaak deur die Salmonella-bakterie.

Simptome soos koors, hoofpyn, abnormale buikpyn of krampe, naarheid, hardlywigheid of diarree en griepsimptome kom by tifuskoors-pasiënte voor.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het soortgelyke waarskuwings vroeër vanjaar ook afgemaak as onwaar.

Dié instansie sê daar bestaan geen bewys dat tifuskoors verbind kan word met munisipale water nie.

Die VF Plus weet dat die metro se water gereeld getoets word en sal seker maak die publiek word dadelik ingelig indien daar wel tekens van besoedelde water gevind word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.