fbpx
Vryheidsfront Plus

Sinkgate in Tshwane-metro moet met groot omsigtigheid hanteer word

Centurion, met die grootste aantal sinkgate in die Tshwane-metro, het Dinsdag een bygekry. Dit het veroorsaak dat die Snake Valley-weg tussen die ou Johannesburgweg en Fjordweg inderhaas gesluit moes word.

Die VF Plus, as deel van die koalisieregering in die Tshwane-metro, is bekommerd oor die 47 sinkgate wat nie net paaie beskadig nie, maar ook infrastruktuur soos ondergrondse water-, riool- en elektriese pypleidings.

Daar was in die afgelope finansiële jaar ‘n groot toename in sinkgate wat uiters kommerwekkend is.

Mense se lewe en besittings is ook in gedrang omdat huiseienaars in sekere gevalle hul wonings dringend moet ontruim.

Centurion is grootliks op dolomietiese grond gevestig en sinkgate moet deurentyd gemonitor word om vas te stel of die grond rondom die gat stabiel is.

Voorkomende maatreëls is belangrik om die vorming van sinkgate te verminder. Lekkasies moet vinniger aangemeld en herstel word en die vervanging van asbes-waterpype is uiters belangrik.

Die blote tydelike opvul van ‘n sinkgat kan ‘n vals indruk van ‘n veilige omgewing skep en dit is belangrik om deeglike navorsing rondom die probleem te doen.

Die VF Plus is tevrede dat die metro die saak ernstig opneem.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.