fbpx
Vryheidsfront Plus

Dringende optrede nodig teen vandalisme wat dienslewering in Potchefstroom verlam

Die VF Plus in die ANC-beheerde JB Marks-plaaslike munisipaliteit eis dringende optrede teen vandaliste wat dienslewering in Potchefstroom verlam.

Die party het in ʼn dringende skrywe aan die speaker van die munisipale raad, Moithoesi Dassie, geëis dat die munisipale bestuurder, Kgomotso Kumbe, strafregtelike klagte indien teen die elemente wat munisipale voertuie in Potchefstroom vandaliseer en amptenare intimideer.

Die skrywe volg nadat munisipale diensleweringsvoertuie sedert Dinsdag aan die brand gesteek en met verf besmeer is.

Munisipale amptenare is verhinder om hul pligte uit te voer en die munisipaliteit het as voorkomende maatreël onder meer vullisverwyderingsdienste in die dorp tydelik gestaak.

Hierdie gebeure volg op soortgelyke voorvalle in die verlede waar groepe in die gemeenskap hulself tot misdadigheid gewend het om dienslewering te ontwrig.

Dit is noodsaaklik dat daar dringend en ernstig teen hierdie wetteloosheid opgetree word en dat die ANC-geleide munisipale bestuur nie weer soos in die verlede met die skuldiges “onderhandel” om hul politieke agenda te bevorder nie.

Die VF Plus sal voortgaan om druk toe te pas op die munisipale bestuur in JB Marks om sy verantwoordelikhede teenoor wetsgehoorsame inwoners na te kom.

Hierdie voorvalle belig weer die noodsaak vir al die land se inwoners om op 29 Mei met hul stem te verseker dat die ANC uit regering verwyder word en vervang word deur ʼn sterk koalisieregering waarvan die VF Plus deel vorm.

Saam kan ons herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.