fbpx
Vryheidsfront Plus

Dienslewering in Mangaung-metro mag nie verder ly weens ANC-politiekery nie

Dit is duidelik dat daar faksies binne die ANC is wat bereid is om dienslewering in die Mangaung-metro doelbewus te saboteer om hul eie politieke agendas te bevorder.

Die gerugte van betroubare bronne binne die metro is dat daar amptenare is wat opgesweep word om ter ondersteuning van die verwyderde uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, dienslewering te ondermyn. Daar is dus 'n doelbewuste poging om te probeer bewys dat dienslewering as gevolg van Mlamleli se verwydering agteruitgaan.

Die waarheid is dat dienslewering, munisipale bestuur en die finansiële posisie van die metro juis onder Mlamleli verswak het sedert 2016.

Mlamleli behoort nou verantwoordelik op te tree, haarself uit te spreek teen hierdie gedrag en haar volgelinge te ontmoedig om tot nadeel van dienslewering op te tree.

Indien die ANC vir Mlamleli herverkies tot uitvoerende burgemeester, sal dit duidelik wees dat die regerende party geensins die belange van inwoners op die hart dra nie, maar eerder magsbehep en kortsigtig is. Inwoners sal hierdie ondeurdagte aksie onthou en die ANC aanstaande jaar by die stembus hiervoor straf.

Die ANC het nou die geleentheid om 'n nuwe burgemeester te verkies ná Mlamleli deur die VF Plus se mosie van wantroue verwyder is. Om haar net weer te verkies sal onaanvaarbaar wees. Sy het gefaal in haar pligte en die stand van dienslewering en kredietafgradering van die metro dien as bewys daarvan.

Navrae: 082 305 1540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.