fbpx
Vryheidsfront Plus

Destabiliserende omstandighede by Sol Plaatje-munisipaliteit lei tot onwettige optrede – ironies genoeg met “Vryheidsdag”

Kimberley word tans weereens deur ontwrigtende en vernietigende diensleweringsbetogings geteister. Dit is die gevolg van diensleweringsprobleme wat deur verskeie raadslede van regoor die politieke spektrum beskryf word as 'n interne magspel gekenmerk deur sabotasie.

Dit het daartoe gelei dat die raad oor die afgelope twee maande verskeie wette en bepalings oortree het.

Gereelde rapportering van dienslewering en prestasiebestuursdoelwitte, soos deur die Munisipale Strukturewet voorgeskryf, het as gevolg van die grendelstaat verval. Terwyl herstel daarvan as teenvoeter vir totale verval noodsaaklik is, is die regerende ANC so besig met interne gevegte dat komitees feitlik nie meer sit nie.

Nog 'n belangrike oorsigmeganisme wat verlore gegaan het, is die jaarlikse oorsigverslag wat kragtens die Munisipale Finansiële Bestuurswet voorgeskryf word. Dit is 'n verslag wat raadslede moet uitbring nadat die munisipale jaarverslag ter tafel gelê is.

Dit bied aan gewone raadslede die geleentheid om die prestasie van die burgemeester en lede van die burgemeesterskomitee te beoordeel en die jaarverslag te weier en/of te veroordeel.

Hierdie wetlike oorsigmeganismes kan ANC-raadslede eenvoudig nie skeel nie. Daarom is dit tyd om met die plaaslike verkiesing op 27 Oktober 2021 'n verskil te maak. Kiesers moet saam met die VF Plus opstaan, saamstaan en sterk staan, om gekwalifiseerde leierskap en beheerprosesse in munisipaliteite te herstel.

Navrae: 083 454 9410

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.