fbpx
Vryheidsfront Plus

Departement van justisie moet kennis neem daar kan geen vryheid sonder geregtigheid wees nie

"Daar kan nie vryheid sonder geregtigheid wees nie. Dit is die VF Plus se leuse en die departement van justisie moet daarvan kennis neem," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van justisie.

"Dit is van kardinale belang dat die departement en sy onderskeie afdelings, die nasionale vervolgingsgesag, die inligtingsreguleerder, die regshulpraad, die spesiale ondersoekeenheid (SOE), die menseregtekommissie (MRK) en die openbare beskermer (OB) effektief funksioneer.

 

"In die praktyk is dit ongelukkig nie die geval nie. Hierdie afdelings word gekenmerk deur onderbefondsing, funksionering onder-kapasiteit, oneffektiewe bestuur en oneffektiewe ondersoekwerk."

 

"Die SOE het slegs 17 uit 29 of 59% van sy teikens vir 2018/19 behaal, administrasie ses uit 12 of 50% en marknavorsing en voorkoming twee uit ses of 33%. Veral kommerwekkend is die vakaturesyfer op top- en senior bestuursvlak, wat onderskeidelik 88% en 37% is.

 

"Die kantoor van die OB fokus klaarblyklik slegs op hoëprofiel-gevalle terwyl daar nie op 'n groot aantal ander ernstige klagtes gereageer word nie."

 

"Minister Ronald Lamoa se aanbod aan die veroordeelde #FeesMustFall -student Kanya Cekeshe dat die departement sal help om sy straf op te hef en misdaadrekord te skrap, skep die persepsie dat geregtigheid afgewater word.

"Selfs hofgeboue is nie meer veilig nie. Talle hofgeboue is geleë in misdaadgeteisterde gebiede of word nie onderhou nie.

"Dit is nie ‘n bemoedigende stand van sake vir die land se regstelsel nie en die VF Plus kan nie die departement begrotingsverslag vir 2018/19 steun nie," sê Mulder.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.