fbpx
Vryheidsfront Plus

Dalende werkloosheid: Realiteit skets ander prentjie

Dit is moeilik om te glo dat werkloosheid in Suid-Afrika vir die tweede kwartaal agtereenvolgens afgeneem het. Die finansiële sektor het klaarblyklik ’n rol hierin gespeel.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste syfers oor werkloosheid wat afneem, verskil wesenlik van dit wat Suid-Afrikaners daagliks self sien en ervaar.

Die groeiende aantal werkloses op straat en die realiteit van toenemende beurtkrag se vernietigende uitwerking op die ekonomie, getuig eerder van eksponensiële werkloosheid.

Daar bestaan die moontlikheid dat seisoenale werkers ’n invloed kan hê op die statistiek, maar hoe groot dit is, is nie seker nie.

Volgens SSA was 32,7% van Suid-Afrikaners in die vierde kwartaal van 2022 werkloos teenoor die 32,9% in die derde kwartaal.

Die werklike werkloosheidsyfer, in ag genome mense wat moed opgegee het om enigsins werk te kry, staan op 42,6%.

Wat wel uiters kommerwekkend is, is die feit dat landbou en konstruksie met 12 000 elk, die sektore is waar die meeste mense afgelê is.

Veral die krimpende konstruksiesektor is aanduidend van ’n krimpende ekonomie en dui op ’n omgewing waar die land se vernietigde infrastruktuur besig is om selfs verder agteruit te gaan.

Hoe daar ook al na die werkloosheidsituasie gekyk word, kan dit slegs werklik in perspektief gestel word deur die wêreld se gemiddelde werkloosheidskoers van 6,18% (Statista).

Suid-Afrika se werkloosheidskoers is die hoogste ter wêreld. In die tweede plek is Djiboeti op 28,4%. Somalië is in die twaalfde plek met minder as 20%.

Hierdie syfers skets die volle omvang van die skrikwekkende verval van die land onder die ANC waar werkloosheid twee keer groter as in Somalië is.

Die tyd het aangebreek dat Suid-Afrika se werklose miljoene in 2024 hul stem uitbring en die party verwyder wat hulle tot bedelaars verdoem het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.