Die brand wat Brakpan se historiese biblioteek Vrydagnag in puin gelê het, kon voorkom gewees het as die Ekurhuleni-metro in 2022 die gebou aan belangstellende individue of instansies verhuur het nadat ʼn nuwe biblioteek in 2017 in gebruik geneem is.
Vandale het die ou biblioteek, wat in 1933 voltooi en in gebruik geneem is, geplunder van alles wat waardevol mag wees en selfs die buitemure met graffiti ontsier.
Lede van die plaaslike buurtwag het die VF Plus Vrydagnag ingelig dat die gebou in ligte laaie is.
Met die party se aankoms op die toneel was die nooddienste reeds besig om die brand te probeer blus.
ʼn Saak van brandstigting word ondersoek.
Die ou biblioteek in Kingswaylaan is die tweede merkwaardige gebou wat binne jaar deur ʼn brand verwoes is.
Die klubhuis van die rolbalbaan is in Maart verlede gedeeltelik deur ʼn brand vernietig.
Dit is betreurenswaardig dat die Ekurhuleni-metro nie die ou biblioteek in Brakpan bewaar het nie en ook nie die gebou aan belangstellende individue of instansies, wat bereid was om die gebou te herstel en te bewaar, wou verhuur nie.
Die VF Plus dring daarop aan die gebou herstel en as ʼn gedenkwaardigheid verklaar word om dit vir die nageslag te bewaar.