Inwoners wat die lisensiekantore in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit besoek om hul lisensies te hernu, kan dit weens beurtkrag nie doen nie.
Die munisipaliteit, wat Balfour, Greylingstad en Grootvlei bedien, het nie 'n kragopwekker nie.
Die toedrag van sake beïnvloed ook nuwe voertuigeienaars en veral motorhandelaars wat lisensiëring as ‘n diens aanbied.
Inwoners beaam dat dit tot drie dae neem om 'n bestuurslisensie te hernu. Benewens die feit dat munisipale stelsels tydens beurtkrag van lyn is, verlaat amptenare nou vroeg reeds hul kantore.
Na berekening gaan tot 25% van werksure so verlore.
Die munisipaliteit verloor hierdeur sowat R200 000 per maand aangesien 20% van die lisensiefooi aan die munisipaliteit oorbetaal moet word.
Die munisipale bestuurder, Lwazi Cindi, moet dringend 'n kragopwekker vir die lisensiekantore aanskaf.
Die VF Plus sal aanhou druk plaas op haar totdat die munisipaliteit sy mandaat van dienslewering uitvoer.
Hierdie is nog ‘n bewys van die ANC se onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer.