fbpx
Vryheidsfront Plus

Bedanking van Msimanga: Tshwane moet bevoegde opvolger kry as burgemeester

"Die VF Plus neem kennis van die bedanking van mnr. Solly Msimanga as burgemeester van Tshwane en verwelkom dit aangesien Msimanga ook die DA se premierskandidaat vir Gauteng is en hy daarom nie sy onverdeelde aandag aan die mense van Tshwane kon gee as burgemeester nie," sê adv. Anton Alberts.

"As koalisievennoot in Tshwane het die VF Plus nogtans ‘n goeie, funksionele werkverhouding met Msimanga gehad en die party sal daarop aandring dat ‘n bevoegde persoon in sy plek as burgemeester aangestel word om die inwoners van dié metro te bedien.

"Wat Gauteng aanbetref, is die VF Plus, wat tans vinnige groei ondervind, op drie na die grootste party in die provinsie en sal meewerk om alles moontlik te doen om die ANC se steun tot onder 50% te laat afneem.

"Wanneer dit gebeur, sal kiesers wat vir die VF Plus gestem het, insae hê in die regering van die provinsie en dit sal kiesers loon om eerder dié party se hand te sterk om hul regte te beskerm wanneer hy ‘n regeringsvennoot word.

"Dit sal deel vorm van die VF Plus se Slaan Terug-veldtog om Gauteng, soos die res van Suid-Afrika, stabiel en werkbaar te maak tot voordeel van almal in die land," sê Alberts.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.