fbpx
Vryheidsfront Plus

Midvaal-sakemanne vra VF Plus om in te gryp teen inkonsekwente ontwikkelingsbeleid

Sakemanne in Midvaal het die VF Plus vandeesweek genader om in te gryp teen die inkonsekwente ontwikkelingsbeleid van die DA-munisipaliteit.

Sakemanne wat met die VF Plus vergader het, voer aan dat reëls en munisipale regulasies nie deurgaans gehoorsaam word nie met die gevolg dat alle belanghebbendes nie oor dieselfde kam geskeer word nie.

Informele smouse word toegelaat om ongehinderd hul produkte op die voorstoep van formele ondernemings te verkoop. Dié smouse verontagsaam munisipale bywette deur sake te doen sonder wettige handelslisensies. Vars produkte en voedsel word dus verhandel sonder kontrole deur ‘n gesondheidsinspekteur.

"Verder het die omstrede munisipaliteit in 2018 34 sjebiens toegelaat om handel te dryf. Die styging in onwettige ontwikkelings waar die boubeheer-beleid nie deurgaans toegepas word nie, is kommerwekkend," sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid in Sedibeng-distriksmunisipaliteit.

Hoffman sê die VF Plus sal die munisipale bestuurder van Midvaal versoek om meer effektiewe beheermaatreëls te implementeer en versoek dat gesondheidsinspekteurs die smouse gereeld besoek.

"Die inwoners van die Midvaal-gebied gaan ‘n duur prys betaal vir die DA se gevry na ANC-kiesers.

"Die VF Plus kan nie toelaat dat korrupsie en diskriminasie hoogty vier nie. Dit is nou tyd om terug te slaan teen hierdie euwels en vir ‘n party te stem wat daarteen veg. Dit is nou of nooit," sê Hoffman.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.