fbpx
Vryheidsfront Plus

Bedanking mag nie Supra van vervolging red nie

"Die nalatenskap van Supra Mahumapelo as premier van Noordwes is gewelddadige betogings, wanbestuur, politieke binnegevegte, onstabiliteit, onreëlmatighede, bande met die omstrede Guptas, talle bewerings van korrupsie en die in duie stort van die provinsiale departement van gesondheid," sê Michal Groenewald, VF Plus-leier in Noordwes.

Groenewald sê die VF Plus sal die bedanking van Mahumapelo verwelkom, maar sal nie toelaat dat die bewerings van grootskaalse bedrog en korrupsie wat hom betrek nie steeds deeglik ondersoek word nie.

"Die bedanking van die premier mag hom nie kwytskel van vervolging nie. 

Die VF Plus het vandeesmaand 'n klag by die Openbare Beskermer (OB) gelê en haar versoek om bewerings van omvangryke bedrog en korrupsie waarby Mahumapelo betrokke is, te ondersoek. Die bewerings behels onder andere sakebelange van Mahumapelo wat na bewering deur implementeringsagente wat deur die provinsie gekontrakteer is, befonds is.

"Noordwes het die afgelope tyd onherstelbare ekonomiese en finansiële skade gelei weens gewelddadige betogings wat met die beskadiging van eiendom gepaardgegaan het. Die ANC se binnegevegte was direk vir hierdie geweld verantwoordelik.  

"Die ANC het weereens bewys dat hy nie in staat is om te regeer nie en dat sy binnegevegte en magsbeheptheid die land geweldige skade berokken," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.