fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering kies kant van terrorisme in Israel-Palestina-konflik en moet die soewereiniteit van Israel eerbied

"Die ANC-regering het nog nooit ‘n geheim gemaak van sy vyandigheid teenoor Israel nie en kies nou weer die kant van terrorisme in die Israel/Palestynse konflik. Dit is tyd dat die ANC Israel se soewereiniteit eerbiedig," sê dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep en hoofwoordvoerder van internasionale betrekkinge en samewerking.

"Die konflik wat tans in Jerusalem ontvou is gewelddadige opstande wat georkestreer word deur die terreurgroep Hamas en Palestynse owerhede met die doel om geweld en onrus in Jerusalem te veroorsaak.

"Dit is deel van ‘n vlaag van terreur en opsweping tot geweld waarby Hamas betrokke is.

"In die laaste dae het meer as 400 vuurpyle vanuit Gaza op Israel gereën wat groot brandstigting en skade veroorsaak het en wat ‘n groot bedreiging vir alle mense in die gebied inhou.

 

"Op sy beurt het Israel elke stap moontlik geneem om die situasie te ontlont om die huidige spanning en geweld te voorkom."

 

"Israel het sedert die unifikasie van Jerusalem in 1967 uit sy pad gegaan om vryheid van geloof en aanbidding vir alle gelowe in die Heilige Stad te bewerkstellig. Wat nou op grondvlak in die stad gebeur is nie ‘n stryd om geloofsvryheid nie, maar is openlike terrorisme.

"Dit is jammer dat die Suid-Afrikaanse regering hom altyd teen Israel skaar en vinnig is om dié land te veroordeel.

 

"Dit is daarom nie Israel wat hom skuldig maak aan ‘n oortreding van die internasionale reg nie, maar die ANC-regering wat nie die soewereiniteit van Israel wil erken en eerbiedig nie."

 

"Die geweld in Jerusalem moet voor die deur gelê word van die Palestynse owerhede, die terreurgroep Hamas en ander terroristegroepe.

"Die VF Plus doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om betrokke te raak in ‘n poging om die geweld te ontlont," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.