Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-rebelleraad oorsaak van Masilonyana-diensleweringskrisis

Solank as wat die ANC-rebelleraad in beheer van die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit is, sal ʼn artikel 139-intervensie niks verander aan die diensleweringskrisis waaronder inwoners steier nie.

Die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), mnr. Saki Mokoena, het in ʼn skrywe aan Masilonyana, wat Brandfort, Theunissen, Winburg en Verkeerdevlei bedien, gewaarsku oor ʼn moontlike ingryping indien die munisipaliteit voortgaan om sy verpligtinge teenoor inwoners te versaak.

Dienslewering in die dorpe het tot ʼn algehele stilstand gekom en die munisipaliteit was die afgelope week genoodsaak om ʼn dringende hofaansoek teen ʼn kontrakteur te bring om watertoevoer na inwoners te herstel.

Die LUR het die raad ook opnuut versoek om die aanstelling van die hoof finansiële beampte (HFB), Amos Mokoae, te herroep

Die ANC-rebelleraad ignoreer vir maande reeds die LUR se bevinding dat die HFB, wat voorheen aan finansiële wanbestuur in die Mafube-plaaslike munisipaliteit skuldig bevind is, onwettig is en dat hy verwyder moet word.

Die VF Plus waarsku lank reeds dat die raad se onvermoë om teen Mokoae op te tree, groot implikasies vir dienslewering inhou.

Gemeenskappe is gereeld en soms vir so lank as ʼn week sonder water terwyl belastingbetalers se geld vermors word en nie vir dienslewering aangewend word nie.

Tans is talle soortgelyke ingrypings by munisipaliteite soos Mafube en Tokologo onsuksesvol onder meer weens konflik tussen die intervensiespanne en munisipaliteite.

Enige afdwingbare herstelplan moet onder die toesig van ʼn munisipale raad plaasvind. Tans kan die raad nie eens van ʼn onwettig aangestelde finansiële hoof ontslae raak nie.

Die realiteit is dat die ANC nie dissipline onder sy raadslede in Masilonyana kan afdwing nie.

Die enigste manier om Masilonyana te red, is om die ANC uit die raad te hou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.