fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Ekurhuleni stem weer vir ‘n onbevoegde burgemeester

Voortgesette swak dienslewering is inwoners van die Ekurhuleni-metroraad (Bedfordview, Benoni, Boksburg, Edenvale, Germiston, Modderfontein en Springs) se voorland, nadat die ANC-koalisie ‘n mosie van wantroue in die burgemeester, Mzwandile Masina, vandeesweek afgeweer het.

Die VF Plus, wat die mosie van wantroue in burgemeester Masina gesteun het, glo ‘n verandering in leierskap is noodsaaklik sodat die belange van inwoners eerste gestel word.

Jennifer Rautenbach, VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad, sê die inwoners van Ekurhuleni verdien beter. Daarom is die VF Plus teleurgesteld dat selfs die ANC se provinsiale voorsitter, David Makhura, deel uitgemaak het van die skare wat die ANC gedurende die mosie ondersteun het.

"Die VF Plus sal nie ophou nie om druk op die ANC-regering te plaas om so die burgemeester te dwing om Ekurhuleni en sy mense eerste te stel. Die tyd het aangebreek vir  inwoners om saam te staan en die ANC uit die kussings te lug," sê Rautenbach

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.