fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC hou publiek aan die raai oor e-tol

"Die ANC-regering hou die publiek steeds aan die raai oor die moontlike afskaffing van e-tol met die enigste versekering dat maatreëls verskerp gaan word om agterstallige e-tol-skuld in te vorder," sê Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en LPW in Gautengse wetgewer.

"Die ANC skep sodoende groot verwarring oor die aangeleentheid en is besig om kiesers te mislei. Die laaste aankondiging oor e-tol was van premier David Makhura wat aangedui het dat e-tol afgeskaf sou word.

"Vandag sou die minister van finansies, mnr. Tito Mboweni, aan die hand van sy oorspronklike toespraak, aankondig dat e-tol nie afgeskaf sal word nie en in plek sal bly terwyl daar op die invordering van e-tol-skuld gefokus sal word.

 

"In sy toespraak het hy egter van sy oorspronklike, geskrewe toespraak afgewyk en gesê die minister van vervoer sal later ‘n aankondiging oor die aangeleentheid maak."

 

"Dit maak dit duidelik dat die ANC nog geen finale besluit oor e-tol geneem het nie. Oënskynlik wil die ANC e-tol behou, maar hy ervaar groot druk van die publiek om dit af te skaf.

"Sou die ANC wel e-tol behou, sal dié party finaal inplof in Gauteng. Die VF Plus bly intussen  steeds daartoe verbind om e-tol te beveg totdat dit finaal afgeskaf word," sê Alberts.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.