Die VF Plus verwelkom ‘n ondersoek na beweerde ongerymdhede in die Midvaal-plaaslike munisipaliteit om te verseker die munisipaliteit handhaaf ‘n skoon administrasie-beleid.
Die ondersoek volg nadat mnr. Tom Peeters, adjunk-munisipale bestuurder, ‘n lastersaak teen die burgemeester van Midvaal, mnr. Bongani Baloyi, aanhangig gemaak het.
Burgemeester Baloyi het mnr. Peeters glo daarvan beskuldig dat hy geld van mense neem in ruil vir poste in die munisipaliteit. Die Midvaal-stadsraad het ‘n besluit goedgekeur om R500 000 te bewillig om die lastersaak te verdedig.
‘n Groep munisipale amptenare het ook nou na vore getree om sekere bekentenisse oor die beweringe te maak.
Intussen is nog ‘n lasteraksie teen burgemeester Baloyi deur ‘n voormalige burgermeesterkomiteelid begin.
Die VF Plus versoek die DA om amptenare wat na vore tree regverdig te behandel, vry van intimidasie.
Kontaknommer: 082 560 1414