fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC en EFF stem teen Ekurhuleni se aansuiweringsbegroting

Verbeterde dienslewering in die Ekurhuleni-metro is gister ‘n nekslag toegedien met die Die ANC, EFF en hul ondersteunende minderheidspartye wat teen die aansuiweringbegroting gestem het.

Die aansuiweringsbegroting kon dus nie goedgekeur word nie.

Die aansuiweringsbegroting se fokus is om verouderde kraginfrastruktuur te vervang, kabeldiefstal te verminder en vullisverwydering te verbeter.

Die metro gaan gebuk onder ongereelde vullisverwydering weens onvoldoende voertuie. In sekere gedeeltes word vullis net elke tien dae verwyder. Dit veroorsaak frustrasie by inwoners en lei tot onwettige vullisstortings.

Bykomende vragmotors om die verouderde vloot te vervang, sal nou nie gebeur nie.

Hierdie aanpassings sou ook ‘n groot impak gemaak het op die verbetering van paaie wat deurspek is van slaggate. Die onlangse reën het die toestand van die paaie vererger.

Dit sou verseker het dat gras gereeld gesny word, begraafplase skoongemaak word en inwoners beter dienste ontvang.

Die ANC, EFF en hulle alliansievennote se teenstem is ‘n bewys dat hulle nie die belange van inwoners eerste stel nie.

Die VF Plus sal egter aanhou baklei vir die belange van inwoners sodat hulle die dienste ontvang waarvoor hulle betaal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.