fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal Noordwes-premier hou by sy ondernemings

Noordwes se premier, Bushy Maape, sal direk verantwoordbaar gehou word vir sy onderneming om verantwoordelikheid te neem vir die stryd om korrupsie wat onder opeenvolgende ANC-regerings in die provinsie gedy het, hok te slaan.

Maape het vandag in sy provinsiale rede in die Noordwes-wetgewer aangekondig dat ‘n provinsiale ondersoek-koördineerder vir dié doel in sy kantoor aangestel gaan word.

Dit is om ‘n sentrale oorsig-meganisme te skep om toe te sien dat korrupsie-ondersoeke doeltreffend afgehandel word.

Alhoewel só ‘n meganisme onder normale omstandighede ‘n goeie idee kon wees, kan dit onder ‘n ANC-regering met ‘n bewese korrupsiekultuur, misbruik word om korrupsie-ondersoeke te manipuleer en korrupsie eerder toe te smeer.

Die premier het verder aangekondig dat ‘n meganisme daargestel is om te verseker dat leefstyl-oudits op senior bestuurders in die Noordwes-provinsiale regering en sy entiteite gedoen word.

Die VF Plus eis reeds vir jare dat sulke oudits gedoen moet word deur ‘n onafhanklike liggaam.

Met die ANC-se geskiedenis van die swak of geen uitvoering van goeie besluite nie, is dit te betwyfel of hierdie poging enigsins vrugte gaan afwerp.

Maape se aankondiging dat ‘n bedrag van R13 miljard beskikbaar gestel word vir die herstel en opgradering van die haglike padnetwerk in Noordwes, blyk ‘n stap in die regte rigting te wees.

Dit sal egter net vrugte afwerp indien professionele kontrakteurs aangestel word en die regering homself nie weer blind staar teen swart ekonomiese bemagtiging-voorskrifte nie.

Miljarde rande is al wanbestee met die toekenning van kontrakte aan onbevoegde kontrakteurs.

Korrupsie met sulke toekennings is ook aan die orde van die dag. Noordwes kan dit nie meer bekostig nie.

Dit is van kritieke belang dat infrastruktuur in geheel in Noordwes dringend herstel word om onder meer ‘n sake-vriendelike omgewing te skep om beleggings na die provinsie te lok om werkskepping in die hand te werk.

Die VF Plus sal voortgaan om die ANC-regering in Noordwes verantwoordbaar te hou.

Noordwes se inwoners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.