Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-beleid oor ras moet nou hersien word om rekordhoë werkloosheidvlakke om te keer

Werkloosheid in Suid-Afrika stuur af op ʼn katastrofe indien die ANC-regering nie nou erken dat sy diskriminerende wetgewing oor ras in die arbeidsektor uiters skadelik is vir die ekonomie en wegdoen daarmee nie.

Luidens Statistieke Suid-Afrika (SSA) is die land se werkloosheidskoers op tot sy hoogste vlakke in twee jaar met altesame 12,4 miljoen mense wat werkloos is.

Die algemene werkloosheidsyfer is op van 41,9% in die eerste kwartaal vanjaar tot 42,6%.

Die VF Plus waarsku al vir dekades dat wetgewing rakende swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA) die ekonomie en daarmee saam die arbeidsektor gaan vernietig. Dit kan nie meer ontken word nie.

Die regering van nasionale eenheid (RNE) sal veranderinge moet aanbring aan die striemende arbeidswetgewing om die private sektor se reuse potensiaal te ontsluit en werk te skep.

ʼn Ware vryemarkstelsel sal die ekonomie vinnig laat groei tot voordeel van elke persoon in Suid-Afrika en veral vir die werkloses wat dit die meeste nodig het.

Die VF Plus is gekant teen uitbuiting en ʼn hongerloon, maar ʼn sterk ekonomiese omgewing sal ʼn natuurlike opbloei in salarisse meebring. Die huidige situasie moet ook opgeweeg word teen die nadele van omvangryke werkloosheid soos wat tans ervaar word.

Die feit dat 18 000 van die werkverliese uit die private huishoudingsektor kom, is ʼn goeie aanduiding hoe die swak ekonomie gewone huishoudings begin seermaak en die gevolge van die minimumloon in sekere sektore.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.