fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-beheerde Ditsobotla-munisipale raad word ontbind; VF Plus verwelkom geleentheid vir regeringsverandering

Die VF Plus verwelkom die aangekondigde voorneme van Noordwes se provinsiale uitvoerende raad om die wanfunksionele ANC-beheerde munisipale raad in die Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit (Lichtenburg, Coligny en Bakerville) te ontbind.

Die inwoners van Lichtenburg en omliggende gebiede het lank reeds geen dienslewering nie weens die chaotiese stand van die munisipaliteit.

Ditsobotla word gekenmerk deur wanbestuur en onstabiliteit weens voortdurende ANC-binnegevegte.

Dit het selfs gelei tot parallelle strukture in die munisipale raad en administrasie, elkeen kompleet met ‘n eie ANC-burgemeester, speaker en munisipale bestuurder.

Dit het ook gelei tot bykans ongekende vlakke van korrupsie en die stroping van munisipale bates.

Die feit dat die ANC-provinsiale regering telkens vergeefs probeer het om in te gryp by die munisipaliteit, belig ook die diepliggende kultuur van wetteloosheid, korrupsie en toeëiening wat kenmerkend van die ANC in munisipaliteite geword het.

Die situasie in Ditsobotla wys ook dat die ANC totaal beheer oor sy eie strukture verloor het.

Intussen moes die inwoners van Lichtenburg, Coligny en Bakerville toekyk hoe hul dorpe in hierdie chaotiese omstandighede by die dag agteruitgaan.

Die voorgenome ontbinding van die munisipale raad skep egter nou lig aan die einde van die tonnel.

Kiesers sal in die afsienbare toekoms weer ‘n geleentheid kry om ‘n skoon en verantwoordbare munisipale regering te verkies.

Dit is ‘n geleentheid wat alle kiesers in die gebied met albei hande moet aangryp.

Daar kan nie langer toegelaat word dat die inwoners van Lichtenburg, Coligny en Bakerville uitgelewer word aan plaaslike ANC-faksies en -politici wat net hul eie belange dien nie.

Die VF Plus doen ‘n beroep op kiesers om te verseker dat daar ‘n verantwoordelike munisipale raad verkies word wat hul beste belang op die hard dra.

Die inwoners van die Ditsobotla verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.