Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Amy’Leigh se ontvoerders verdien die hoogste straf

Die VF Plus deel die blydskap oor die terugvind van klein Amy’Leigh de Jager (6) van Vanderbijlpark, maar vind dit onrusbarend dat persone wat moontlik moes help om haar veilig te hou, betrokke was.

"Die vermetelheid en wreedheid wat  met die ontvoering gepaard gegaan het, kan onder geen omstandighede verskoon word nie. Die VF Plus eis die hoogste straf vir almal wat betrokke was," sê Kobus Hoffman, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer.

 

"Die party het groot waardering en lof vir die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (FCS) van Vanderbijlpark en Vereeniging asook vir die misdaadintelligensie-eenheid wat sonder ophou elke moontlike leidraad ondersoek het wat eindelik tot die inhegtenisneming van drie mense gelei het."

 

"Verskeie skole en kleuterskole was vanjaar in die nuus waar jong kinders die slagoffers was van misdaad.

"Een voorbeeld is die Myne Maatjies-kleuterskool in Randfontein war ‘n video gewys het hoe ‘n kind verskeie kere geklap word. Die kleuterskool is dadelik gesluit en die saak word  ondersoek.

"Die VF Plus doen ‘n beroep op elke ouer, onderwyser, skool en bestuursliggaam in Gauteng om ingestel te wees op die veiligheid van kinders en om enige onreëlmatigheid dadelik aan te meld," sê Hoffman.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.