fbpx
Vryheidsfront Plus

Almal se plig om vroueregte te bevorder

Die VF Plus deel die kommer van almal in Suid-Afrika oor die groeiende voorkoms van geweld teen vroue en kinders in die land.

Geslagsgeweld, hoofsaaklik die produk van ‘n gebrek aan wedersydse respek, is buite beheer. Die polisie staan oënskynlik magteloos om dit stop te sit en die regstelsel faal die slagoffers.

Dinsdag hierdie week is Angelique Clark-Abrahams verkrag en vermoor deur ‘n man teen wie sy ‘n beskermingsbevel gehad het. Op die vooraand van Vrouedag is die agt maande-swanger Sadieka Newman doodgeskiet.

"Die VF Plus stem saam dat almal moet saamwerk teen die gruwel. Daar rus nogtans ‘n grondwetlike plig op die regering om die land se mense veilig te hou en in die proses sal daadwerklike veranderinge aan die polisie- en regstelsel aangebring moet word," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP.

 

"Dit is enkele voorbeelde oor hoe die regstelsel vroue in die steek laat. Leë woorde en slagspreuke het hulle nie beskerm nie."

 

"Die VF Plus se boodskap is dat alle mans nie neersien op vroue nie en doen ‘n beroep op mans wat vroue as hul gelyke beskou, om die leiding te neem in hierdie stryd," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.