fbpx
Vryheidsfront Plus

Herstel en bou volhoubare elektrisiteitsvoorsiening

Suid-Afrika beleef ‘n energiekrisis wat ekonomiese groei kniehalter en die lewe van burgers ontwrig. Die ekonomie sal nie herstel kan word terwyl beurtkrag voortduur en daar nie volhoubare en betroubare elektrisiteitsvoorsiening is nie.

Die energiekrisis moet op die kort termyn soos volg aangespreek word:

a) Belê in die opgradering en instandhouding van die elektrisiteitsverspreidingsnetwerk. Dit kan die vorm aanneem van samewerking met die privaat sektor.

b) Wysig die betrokke wetgewing om elektrisiteitsdiefstal (onder meer onwettige koppelings) ‘n statutêre oortreding te maak en vervolg diegene wat elektrisiteit onwettig gebruik.

c) Effektiewe beveiliging van elektrisiteitsinfrastruktuur om sabotasie en kabeldiefstal te voorkom.

d) Moedig die oorskakeling na hernubare-energiebronne, soos sonpanele, aan deur belastingkortings en ‘n nil-BTW-koers op panele en ander komponente.

e) Finaliseer die ontbondeling van Eskom in aparte entiteite verantwoordelik vir elektrisiteitsopwekking en -verspreiding. Op die medium- tot langer termyn moet Eskom geprivatiseer word en moet ʼn mededingende energiesektor moontlik gemaak word.

Sentrale kragvoorsiening deur gekonsentreerde opwekkingseenhede en ’n landwye netwerk moet grootliks deur plaaslike kragvoorsiening en mikronetwerke vervang word. Die oorskakeling na hernubare-energie op groot skaal moet dan groter prioriteit geniet. Addisionele elektrisiteit wat privaat huishoudings en ondernemings opgewek word, moet teen meer mededingende tariewe aangekoop word.

Die oes, berging en verspreiding van hernubare-energie moet beklemtoon word. Onderontwikkelde dele van die land, veral in die Noord- en Wes-Kaap, is goed geleë om ‘n energie-revolusie te bewerkstellig. Dit is van ‘n verbeterde verspreidingsnetwerk afhanklik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.