Vandag se politieke stryd in Suid-Afrika is onlosmaaklik gekoppel aan die erfenis van komende geslagte

Vandag se politieke stryd in Suid-Afrika is onlosmaaklik gekoppel aan die erfenis van komende geslagte. Net soos ’n ouer deur woord en daad moet toesien dat ’n gesin en ’n volk se kulturele erfenis lewend gehou en geëer word, so het elke persoon ’n plig en verantwoordelikheid om die toekoms van sy land deur politieke […]
VF Plus betuig medelye by Witkruismonument: Elke kruis ‘n onweerlegbare getuie van die plaasmoord-realiteit

Die leier van die VF Plus, dr. Corné Mulder, het vandag die planting van 17 kruise vir plaasmoordslagoffers by die Witkruismonument teen die Ysterberg in Limpopo bygewoon en het die kruise formeel vir planting oorhandig. Twee van die kruise was herplantings. Die ander 15 verteenwoordig moorde sedert 30 Junie verlede jaar tot 1 Augustus vanjaar. […]
Kiesers moet nou ook ANC-verskonings oor onbevoegdheid soos Kieshof verwerp

Die VF Plus verwelkom die Kieshof se beslissing om die ANC se aansoek om die heropening van die kandidaatregistrasieproses van die hand te wys, en die party hoop dat kiesers in die komende verkiesing die ANC se onbevoegdheid op soortgelyke wyse sal straf. Hierdie uitspraak stuur ‘n duidelike boodskap dat die ANC nie langer taktiek […]
Rubio se boodskap duidelik dat daar nie langer gewag kan word met VSA-voorwaardes nie

Die minagting waarmee pres. Cyril Ramaphosa en sy regering vir langer as ’n jaar Amerika se voorwaardes vir die normalisering van betrekkinge tussen dié twee lande ignoreer, begin nou ernstige, direkte gevolge inhou. Die nuwe beleid wat Amerika se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, pas aangekondig het, onder meer teen regeringsamptenare wat betrokke is […]
VF Plus se “Dis Ons Tyd”-manifesbekendstelling gee rigting met praktiese oplossings vir plaaslike regering

Plaaslike regering kan gered word en munisipaliteite se verval kan omgedraai word. Dit was vandag se kernboodskap van die VF Plus se manifesbekendstelling met die tema “Dis Ons Tyd”. (Manifes hierby aangeheg) Die manifes, wat bekend gestel is by die Silverlakes Farm Hotel in Pretoria-Oos, bied ’n nuwe begin en praktiese oplossings om plaaslike regering […]
ANC se minagting vir Amerika se voorwaardes vir normalisering van verhoudinge begin ná ‘n jaar ernstige gevolge toon

Die uurglas begin leegloop vir Suid-Afrika wat die vyf Amerikaanse voorwaardes vir die normalisering van verhoudinge tussen die lande ‘n jaar lank met minagting geïgnoreer het. Dié voorwaardes is presies ‘n jaar gelede met die VF Plus se historiese besoek aan Washington en die Withuis aan die party oorhandig om aan die Suid-Afrikaanse regering oor […]
Grondwet beskerm wel teen vergrype

(Parlementsdebat: 30ste herdenking van die Grondwet) Suid-Afrika se Grondwet bied wel beskerming teen vergrype. Die feit dat daar soveel pogings is om dit aan te pas om byvoorbeeld onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, dien as bewys hiervan. Die Grondwet is nie in klip gekap nie. Dit is ‘n lewende dokument en indien dit ten […]
President moet oop kaarte speel oor Phala Phala sodat die regering van Suid-Afrika in almal se belang prioriteit kan geniet

(Begrotingsposdebat: Presidensie) President Cyril Ramaphosa moet die Phala Phala-aangeleentheid vinnig en eerlik hanteer en afhandel sodat daar aan beweeg kan word na dít wat in alle landsburgers se belang prioriteit moet geniet: Die behoorlike regering van Suid-Afrika. Wanneer dit gebeur, moet veral Suid-Afrika se beleid oor buitelandse betrekkinge dringend aandag geniet. Die maatreëls en riglyne […]
Die ANC het sy tyd as regering misbruik; dis Nou Ons Tyd!

Die ANC het sy tyd gehad om Suid-Afrika te regeer. Dit is misbruik. Ná meer as drie dekades van ANC-regering is die land bykans vernietig. Onbevoegdheid en korrupsie het staatsinstellings uitgehol en munisipaliteite laat verval. Die tyd het aangebreek vir almal van ons wat opreg glo in die pragtige land van geleenthede om saam te […]
Phala Phala: Pres. Ramaphosa se rug is teen die muur – betwis na jare die bevindinge van onafhanklike ondersoekpaneel

Pres. Cyril Ramaphosa is met sy rug teen die muur. Sy besluit om nou, ná byna vier jaar, die bevindinge van die onafhanklike artikel 89-paneel te betwis, is duidelik ’n desperate poging om homself te red. Sy terugvegpoging kom nadat die Grondwethof verlede week sy vroeëre beskerming deur die ANC-meerderheid in die parlement weggeneem het. […]