Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Diensleweringskrisis in Masilonyana wys waarom ’n stem vir die VF Plus belangrik is

Die diensleweringskrisis in die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit wys waarom ’n stem vir die VF Plus belangrik is

Dit volg op ’n patroon waar die munisipaliteit selfs gemeenskapsforums en inwoners om hulp moes nader, maar terselfdertyd aangedui het dat hy nie finansieel verantwoordelik gehou kon word vir enige kostes nie.

Masilonyana se finansies wys tans op ’n munisipaliteit wat tegnies bankrot is. Ernstige geldtekorte maak dit onmoontlik om noodsaaklike herstelwerk, veral aan waterinfrastruktuur, te doen.

Die balju het onlangs beslag gelê op munisipale voertuie weens wanbetaling, wat inwoners van veral Theunissen weer sonder basiese dienste laat.

Munisipale werkers staak omdat salarisse al jare nie volgens die korrekte munisipale gradering bereken word nie.

Selfs in Brandfort moes die gemeenskap ingryp.

’n Uitgebrande substasie het ’n groot deel van die dorp vier en ’n half dae lank sonder elektrisiteit gelaat. Nadat die munisipaliteit toestemming verleen het, het die plaaslike elektrisiën die substasie en kragtoevoer binne sowat vier uur herstel, terwyl die Brandfort Forum én VF Plus vrywilligers die herstelwerk befonds het.

Die VF Plus en sy vrywilligers het saam met die gemeenskap die nodige herstelwerk gedoen.

Dit is tyd dat die munisipaliteit vir inwoners begin werk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.