Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse munisipaliteite het steeds van die swakste oudits

In ’n voorlegging gister in die parlement het die ouditeur-generaal (OG) die Vrystaat weer uitgesonder as een van die swakste presterende provinsies in die land wat munisipale bestuur en finansiële beheer betref.

Nie ’n enkele Vrystaatse munisipaliteit kon vir die 2024/2025-boekjaar ’n skoon oudit behaal nie.

Die ANC se kultuur van laksheid, selftevredenheid en swak bestuur het ’n direkte impak op inwoners se daaglikse lewe.

Vrystaters het vertroue in hul munisipaliteite verloor weens jarelange swak dienslewering en vervalle infrastruktuur.

Die OG wys ook daarop dat swak burgemeesters, rade en provinsiale leierskap tans oneffektief is. Intussen word infrastruktuursprojekte vir paaie, water en sanitasie eenvoudig nie voltooi nie.

Die situasie is veral kommerwekkend in die Mangaung-metro, die Vrystaat se enigste metro en ekonomiese spilpunt. Die metro kon weer net 50% van sy diensleweringsteikens bereik. Verder het Mangaung R18,4 miljoen aan ouditkonsultante bestee sonder enige verbetering in sy oudituitkomste.

Verslag op verslag, waarskuwing op waarskuwing en die sigbare verval van dorpe bevestig dat die ANC eenvoudig nie die vermoë óf die politieke wil het om Vrystaatse munisipaliteite behoorlik te bestuur nie.

Dit is tyd dat die ANC uit Vrystaatse rade gestem word sodat die proses kan begin om munisipaliteite om te keer en weer betroubare dienslewering aan stede, dorpe en gemeenskappe te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.