Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Binnegevegte hou ANC-raadslede tweede keer weg van Emfuleni-raadsvergadering

Binnegevegte binne die ANC in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het daartoe gelei dat die raad vir ‘n tweede agtereenvolgende keer nie kon vergader nie weens ‘n gebrek aan ʼn kworum.

Gedurende die raadsvergadering op 28 Mei kon geen kworum bereik word nie omdat ANC-raadslede nie opgedaag het nie. Die vergadering is na vandag (2 Junie) uitgestel, maar daar kon weer nie ‘n kworum bereik word nie weens ’n boikot deur ANC-raadslede.

’n Nuwe burgemeester moes vandag verkies word nadat die ANC die vorige burgemeester, Sipho Radebe, op 29 Mei amptelik herroep het. Die ANC het erken dat Radebe herroep is weens die grootskaalse ineenstorting van basiese dienste en ’n algemene gebrek aan goeie bestuur.

Die Munisipale Strukturewet is nie heeltemal duidelik oor die presiese volgende stappe nie, maar dit word aangevoer dat die munisipale bestuurder, April Ntuli, die afwesigheid van raadslede moet aanmeld

Raadslede wat sonder geldige rede van vergaderings wegbly, oortree die gedragskode en kan dissiplinêr verhoor of beboet word.

Daar is nog geen nuwe datum vir ’n opvolgvergadering aangekondig nie.

Die VF Plus het voormalige burgemeester Radebe voortdurend onder druk geplaas oor die swak bestuur van Emfuleni, insluitend onbegaanbare paaie, minimale vullisverwydering, onvoldoende water- en kragvoorsiening, riool wat in riviere beland en swak finansiële bestuur.

Die VF Plus verwelkom die gedwonge bedanking van die burgemeester, maar indien sy opvolger weer uit ANC-geledere kom, sal die situasie waarskynlik nie verbeter nie.

Die tyd het nou aangebreek dat elke kieser moet registreer om op 4 November te stem en die ANC permanent uit die regering van Emfuleni te hou.

Stem VF Plus om ’n regering te verkies wat elke inwoner se belange werklik op die hart dra.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.