Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Veediefstal-deurbraak bring nuwe hoop vir Aberdeen-landbougemeenskap

’n Belangrike deurbraak in die stryd teen veediefstal vandeesweek het nuwe hoop gebring vir boere, plaaswerkers en die breër landbougemeenskap in die Aberdeen-omgewing.

Tydens ’n gesamentlike operasie is tien verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle in besit was van vermoedelik gesteelde vee ter waarde van sowat R25 000. Hierdie sukses stuur ’n sterk boodskap dat veediewe nie onaantasbaar is nie en dat daadwerklike samewerking tussen wetstoepassers en die gemeenskap resultate lewer.

Die polisie van Aberdeen verdien spesiale lof vir hul vinnige reaksie en professionele optrede. SMHart Sekuriteit Aberdeen se waaksaamheid en noue samewerking het ook ’n sleutelrol gespeel.

Die landbougemeenskap in die streek gaan reeds jare gebuk onder voortdurende veediefstal en ander landelike misdaad. Dit veroorsaak nie net groot finansiële verliese nie, maar ondermyn ook mense se gevoel van veiligheid en vertroue.

Hierdie suksesvolle operasie toon egter wat moontlik is wanneer die polisie, sekuriteitsmaatskappye, boere en gemeenskappe saamwerk.

Die VF Plus spreek sy waardering uit teenoor al die rolspelers wat bygedra het tot die deurbraak en moedig die polisie, sekuriteitsdienste en die gemeenskap aan om voort te gaan met proaktiewe misdaadvoorkoming om landelike gebiede veiliger te maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.