Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Swak infrastruktuur-instandhouding laat Emalahleni-inwoners sonder water

Inwoners van Jackaroo Park in die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank) sit sedert Woensdag, 22 April 2026, sonder water weens ’n ernstige pypbreuk in ’n watertoevoerlyn.

Ten spyte daarvan dat byna ’n week reeds verloop het, het die munisipaliteit nog steeds nie ’n volhoubare oplossing gevind nie.

Die lekkasie het in ‘n waterstroom ontstaan en alhoewel die munisipaliteit aanvoer dat die terreintoestande dit moeilik maak om die pyp te herstel, het die VF Plus al telkemale daarop aangedring dat die toevoerpyplyn herlei moet word as ʼn permanente oplossing.

Dit sal nie net die huidige probleem oplos nie, maar ook toekomstige breuke voorkom, die veiligheid van kontrakteurs verseker en op die lange duur baie meer kostedoeltreffend wees as die herhaalde, onsuksesvolle noodherstelwerk.

Die munisipaliteit se tussentydse maatreëls is ook onvoldoende. Daar is slegs één watertenkwa ontplooi om die hele Jackaroo Park-gebied te bedien – ’n reëling wat eenvoudig onvoldoende is om in die basiese daaglikse waterbehoeftes van die geaffekteerde inwoners te voorsien.

Hierdie voortgesette verwaarlosing van kritieke infrastruktuur lei tot langdurige diensonderbrekings, groot waterverliese en onnodige finansiële druk op die munisipaliteit.

Die VF Plus het reeds met die munisipale bestuur in gesprek getree om meer watertenkwaens onmiddellik na die gebied te ontplooi en om die watertoevoerpyp te herlei.

Die party sal aanhou druk uitoefen totdat ’n permanente oplossing gevind is om toekomstige diensonderbrekings te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.