Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane se minagting van petisies ondermyn dienslewering en belastingbetalers

Amptenare van verskeie departemente van die Tshwane-metro se minagting van inwoners se petisies rakende diensleweringsprobleme, is ’n klap in die gesig van inwoners wat getrou hul finansiële verpligtinge nakom, maar daagliks met vervalle infrastruktuur en swak dienslewering moet saamleef.

Inwoners word gedwing om petisie ná petisie in te dien net om basiese dienste soos stukkende straatligte, slaggate en ou, gebreekte, water- en kraginfrastruktuur te laat herstel.

Wanneer hierdie petisies dan summier geïgnoreer word, word die vertroue tussen die metro en sy inwoners verder afgebreek.

Die petisiekomitee is veronderstel om die amptelike kanaal te wees waardeur inwoners hul stem kan laat hoor. Wanneer raadslede en amptenare egter nie opdaag by die vergaderings nie, word hierdie belangrike instrument nutteloos.

Dieselfde probleme verskyn maand na maand op die agenda, sonder dat daar werklike oplossings kom.

Die VF Plus aanvaar nie meer hierdie gebrek aan aanspreeklikheid nie. Die metroraad moet streng optree teen amptenare en raadslede wat petisiekomiteevergaderings ignoreer as deel van hul pligte.

Belastingbetalers in die hoofstad verdien beter. Hulle verdien ’n metro wat bekwaam, deursigtig en verantwoordbaar optree.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen totdat inwoners se petisies ernstig opgeneem word en hul klagtes nie langer geïgnoreer word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.