Die Mangaung-metro het die afgelope vyf boekjare meer as R1,6 miljard se water verloor.
Die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Saki Mokoena, het dié syfers bekend gemaak in antwoord op ’n vraag van die VF Plus in die Vrystaatse wetgewer.
Die verliese word hoofsaaklik veroorsaak weens lekkasies en swak infrastruktuurinstandhouding oor die afgelope drie dekades onder ANC-bewind.
Uit die LUR se antwoord is dit ook duidelik dat die verliese dramaties toegeneem het van R186 miljoen in 2018/19 tot ’n skokkende R454 miljoen in 2022/23.
Intussen beloop Mangaung se skuld aan Vaal Sentraal Water meer as R900 miljoen.
In ’n vorige antwoord op ’n VF Plus-vraag het Mokoena ook aangedui dat die totale waterverliese vir die hele Vrystaat oor dieselfde tydperk meer as R7 miljard beloop.
Terwyl inwoners jaarliks meer vir dienste moet opdok, bestee die ANC-beheerde munisipaliteit meer aan salarisse en minder aan broodnodige infrastruktuurinstandhouding.
Die enigste manier om die Vrystaat te herstel is om van die ANC ontslae te raak in die komende verkiesing.
Die VF Plus staan gereed om finansiële orde en dissipline te herstel, sodat belastinggeld beskerm word en dienslewering in Mangaung die prioriteit word.


