Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra antwoorde oor moontlike grootskaalse behuisingsprojek in Gezina

Die VF Plus het amptelik by die Tshwane-metroraad aangeklop vir antwoorde ná gerugte oor ’n grootskaalse behuisingsontwikkeling by Nico Smitstraat 531 in Gezina, waar tot 400 mense moontlik gevestig kan word in ’n reeds kwesbare diensleweringsgebied.

Die onsekerheid oor die projek wek groot onrus onder inwoners, veral omdat daar geen amptelike kommunikasie van die metro was nie.

Inwoners van Gezina en Pretoria-Noord ervaar reeds gereelde kragonderbrekings weens ’n oorlaaide netwerk en die VF Plus wil beklemtoon dat sulke groot ontwikkelings nie sonder gemeenskapskonsultasie kan plaasvind nie.

Die VF Plus het administratiewe navrae aan die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling en ruimtelike beplanning, Sarah Mabotsa, gerig om die feite bloot te lê. Die party vra spesifiek:

• Bevestiging of enige aansoek vir die ontwikkeling van Nico Smitstraat 531 bestaan
• ’n Duidelike verklaring oor die kapasiteit van plaaslike substasies in die lig van die kragnetwerkkrisis
• ’n Onderneming dat alle prosesse ingevolge toepaslike wetgewing, soos die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur (SPLUMA), gevolg sal word sonder administratiewe kortpaaie.

Gevestigde buurte soos Gezina se infrastruktuur kan nie in gevaar gestel word weens ondeurdagte projekte nie.

Die metro moet die gemeenskap onmiddellik inlig oor wat die werklike beplanning vir die perseel behels, en ’n openbare vergadering belê sodra enige formele aansoek bevestig word.

Die VF Plus sal die situasie noulettend monitor en volgehoue druk toepas om te verseker dat inwoners se belange en Tshwane se infrastruktuur beskerm word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.