Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

2026/27-begroting: Gauteng-regering sal moet leer om meer met minder te doen

Die VF Plus het in reaksie tot die Gautengse begroting vir die 2026/27-finansiële jaar wat Dinsdag by die Gautengse wetgewer ingedien is, aangedui dat die Gauteng-regering sal moet leer om meer met minder te doen.

Alhoewel die begroting met R3,6 miljard teenoor die vorige jaar gegroei het, is die verhoging nie genoegsaam om al die kwessies in die provinsie aan te spreek nie. Dit beteken dat die Gauteng-regering verdere interne besparing moet bewerkstellig.

Die VF Plus het juis in ’n verslag wat onlangs voorgelê is aan die LUR vir finansies, Lebogang Maile, aangedui dat indien verskeie onreëlmatige optredes wat in die 2024/25-finansiële jaar plaasgevind het voorkom kan word in die nuwe finansiële jaar, daar ’n besparing van by die R3 miljard sal realiseer.

Dit is veral onreëlmatige uitgawes in die departemente van gesondheid, behuising, maatskaplike ontwikkeling en infrastruktuur-ontwikkeling wat geteiken moet word.

Net in die departement van behuising alleen is R520 miljoen verspil op lewensvatbaarheidstudies vir behuisingsprojekte wat eenvoudig gekanselleer is. Die ouditeur-generaal het bevind dat die departement van onderwys R1,5 miljard verspil het weens onreëlmatige uitgawes.

Die verslag dui ook aan dat indien die departemente van gesondheid en infrastruktuur-ontwikkeling net ‘n 1% besparing sou verkry deur meer effektiewe aankope van hoëwaarde-items, sal dit realiseer in ’n bykomende R182 miljoen wat beskikbaar gemaak word om ander gate toe te stop.

Hierdie besparings kan dan onder meer ook gebruik word om die subsidie van die kwintiel 5-skole volkome of substansieel te herstel.

Dit is ’n kwessie waaroor die VF Plus met Maile verder in gesprek gaan tree.

Noudat die begroting vir 2026/27 bekend is, sal die VF Plus verdere navorsing doen om oneffektiewe uitgawes te identifiseer wat geoormerk kan word vir meer kritieke kwessies.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.