Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lekwa se swak instandhouding van paaie en sypaadjies skep gevaar

Die Lekwa-plaaslike munisipaliteit (Standerton en Morgenzon) se gewoonte om paaie en sypaadjies nie behoorlik reg te maak nadat werk gedoen is nie, skep ʼn ernstige gevaar vir inwoners.

Vir meer as ’n jaar grawe die munisipaliteit gate vir waterpype of kragkabels, maar los die werk onvoltooid.

Slote bly oop, sypaadjies en paaie word nie herstel nie en huiseienaars se opritte en plaveisel bly beskadig ten spyte van inwoners se klagtes.

Dit skep ʼn ernstige gevaar vir voetgangers en motoriste.

Rommel en grond wat nie verwyder word nie, spoel tydens reën in die stormwaterstelsel in, wat dreine verstop en strate laat oorstroom.

Baie stormwaterdreine se deksels is weg of stukkend, wat ’n groot risiko vir ongelukke skep.

Selfs in die middestad groei onkruid wild op sypaadjies wat ’n duidelike teken is dat instandhouding heeltemal agterweë gelaat word.

Die munisipaliteit het ’n wetlike plig om paaie, sypaadjies en stormwaterstelsels veilig en in stand te hou.

Volgens die Munisipale Stelselswet en die Grondwet moet dienslewering veilig wees vir alle inwoners. Oop gate, stukkende dreine en verstopte stelsels is nie net gevaarlik nie, maar kan ook lei tot regstappe as iemand seerkry of eiendom beskadig word.

Die munisipaliteit kan dus aanspreeklik gehou word vir nalatigheid.

Die VF Plus eis dat die munisipaliteit onmiddellik optree om alle oop gate en beskadigde areas reg te maak, rommel te verwyder en ’n behoorlike instandhoudingsplan in plek te stel.

Inwoners verdien ʼn veilige en netjiese omgewing om in te woon en werk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.