Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kullery in matriekeksamen: Onafhanklike skole kan baat vind by ondermyning van vertroue in openbare onderwys

Die openbaring dat amptenare in die departement van basiese onderwys by die uitlek van matriekvraestelle betrokke was – selfs die inisiatief geneem het – ondermyn vertroue in die openbare onderwysstelsel.

Verhoogde belangstelling in onafhanklike onderwys kan volgende jaar en in die toekoms verwag word.

Daar is drie eksamenowerhede in Suid-Afrika: Die departement van basiese onderwys, die Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Eksamenowerheid (SAKAI) en die Onafhanklike Eksamenowerheid (IEB). Eersgenoemde twee owerhede bestuur hul eksamens telkens sonder bedrog of omstredenheid.

Die departement lê gewoonlik, wanneer eksamenbedrog op die lappe kom, klem op die geweldige omvang van sy eksamen. Wat hierdie jaar se bedrog onderskei, is dat dit klaarblyklik in die hoofkantoor plaasgevind het, nie by een of ander afgeleë eksamensentrum waar beheer moeilik is nie.

Die VF Plus het reeds tevore daarop gewys dat openbare skole die keuse gegun moet word om te besluit watter eksamenowerheid hulle wil gebruik. Indien die departement egter volhard met sy alleenreg om openbare skole se finale eksamen te bestuur, sal onafhanklike onderwys toenemend ouers se belangstelling wek.

Uiteindelik is die Nasionale Seniorsertifikaat, oftewel matriek, die grondslag waarop jong volwassenes hul loopbane bou. Die integriteit van daardie sertifikaat is van deurslaggewende belang.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.