Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gauteng benodig ‘n nuwe plaaslike regeringsbedeling

(Debat in Gauteng-wetgewer oor jaarverslag van departement van Cogta)

Ná 31 jaar behoort Gauteng se munisipaliteite sentrums van uitnemendheid in dienslewering te wees, maar die werklikheid is heeltemal anders. Infrastruktuur verval stelselmatig, energiestelsels faal, munisipale rade is wanfunksioneel en gemeenskappe ervaar groot frustrasies.

Die huidige plaaslike regeringsbedeling het reeds gefaal en gefragmenteerde aanpassings kan die stelsel nie red nie.

Die jaarverslag beklemtoon die omvang van die krisis:

• Die vlak 3-rampbestuursplan, ’n kritieke vereiste vir munisipale gereedheid, is weereens na die 2025/26-finansiële jaar uitgestel. Hierdie vertraging beteken dat gemeenskappe steeds blootgestel word aan risiko’s omdat koördinasie, beplanning en aanspreeklikheid swak is.
• Die swak uitvoering van die transformator-vervangingsprogram is opvallend: Slegs 31 van die beoogde 61 transformators is vervang weens herprioritisering. Dit beteken huishoudings sit sonder krag, waterpompe faal en besighede sluit onafwendbaar. Verder bly die energiekrisis onopgelos ten koste van kerninfrastruktuur.

Indien die departement nie beter kan presteer nie, is dit onwaarskynlik dat Gauteng se munisipaliteite sal herstel.

Suid-Afrika en Gauteng benodig ‘n nuwe plaaslike regeringsbedeling. Een wat meer magte na munisipaliteite afwentel, werklike aanspreeklikheid herstel, munisipale bestuur professionaliseer en provinsiale toesig verbind aan afdwingbare gevolge.

Die provinsie moet oorskakel van passiewe monitering na aktiewe ingryping, tegniese ondersteuning, infrastruktuur-reddingsplanne en verpligte prestasieraamwerke.

Slegs ’n daadwerklike, strukturele verandering kan plaaslike regering in Gauteng stabiliseer.

Die VF Plus sal daarin volhard om te veg vir ’n beter en volhoubare plaaslike regeringsbedeling.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.