Die VF Plus ontvang toenemend klagtes van boere in die Rooiwal-gebied wat herhaaldelik die hof moes nader om die Tshwane-metro te dwing om skoon water aan hulle te voorsien.
โn Hofbevel in 2023 het bepaal dat voldoende water daagliks aan inwoners en vee voorsien moet word, maar die metro het die aflewering verminder tot slegs vier dae per week. Dit het tientalle inwoners en meer as โn duisend stuks vee in nood gelaat.
Hoewel die vorige administrasie, waarvan die VF Plus deel was, in 2023โ2024 beduidende vordering gemaak het en โn skikking bereik is om daaglikse watertoevoer per tenkwa aan die 84 plotte en plase te verseker terwyl die Rooiwal-watersuiweringsaanleg opgegradeer word, het die huidige administrasie onder ActionSA, die ANC, EFF en ander partye, nie die ooreenkoms nagekom nie.
Die wanfunksionering van die aanleg het intussen beide oppervlakte- en grondwater besoedel, wat dit ongeskik maak vir menslike en dierlike gebruik.
Ten spyte hiervan spog die ActionSA-burgemeester, Nacipa Moya, en die ANC se onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir finansies, Eugene Modise, oor finansiรซle prestasies.
Tog is daar volgens โn senior amptenaar reeds na slegs ses maande van die finansiรซle jaar nie voldoende begroting beskikbaar om noodsaaklike waterdienste te befonds nie, terwyl R2 miljard vir salarisverhogings beskikbaar gestel is.
โn Studie van die arbeidsontleder Andrew Levy (BusinessTech, 2023) toon dat die mediane openbare sektor-salaris 77% hoรซr is as diรฉ in die privaat sektor, uitgesluit van byvoordele soos mediese bydraes en pensioen. Dit laat die vraag ontstaan of die metro die lewe van mens en dier ondergeskik stel aan buitensporige salarisse wat dienslewering verder ondermyn.
Die VF Plus se LPW en voorsitter van die Gautengse wetgewerkomitee vir omgewingsake en landbou, Jaco Mulder, het reeds sy komitee na Rooiwal gebring vir โn oorsigbesoek en het onderneem om dringend met die nasionale departement van water en sanitasie in gesprek te tree rakende die probleem.
Intussen bly die EFF-burgemeesterskomiteelid vir omgewingsake en landbou, Obakeng Ramabodu, afwesig en het hy tot dusver slegs in Hammanskraal betrokke geraak, terwyl hy die pleidooi van die geraakte boere ignoreer.
Die VF Plus beskou hierdie versuim as โn skending van die Grondwet en โn bedreiging vir voedselsekerheid, aangesien boere nie hul gewasse kan besproei of voldoende water aan hul vee kan voorsien nie.
Die party sal voortgaan om druk uit te oefen op alle regeringsfere vir dringende ingryping.


