Die VF Plus spreek sy diepste skok en hartseer uit oor die skietdood van Marius (Vlam) van der Merwe, bekend as Getuie D, buite sy woning in Brakpan.
Van der Merwe, โn voormalige Ekurhuleni-metropolisiebeampte (EMPD) en gerespekteerde gemeenskapsleier, is vermoor kort nรก sy getuienis voor die Madlanga-kommissie waar hy korrupsie en misdadige verbintenisse blootgelรช het. Sy moed om die waarheid te praat, het hom sy lewe gekos.
Die VF Plus eer hom as โn held en โn ware stryder teen misdaad.
Van der Merwe het โn deurslaggewende rol gespeel in die bekamping van misdaad en onwettige mynbou, veral in Plastic City, en hy was geliefd in sy gemeenskap.
Sy passie om opheffingswerk in sy eie gemeenskap van Brakpan te doen was duidelik en sy heengaan is โn swaar verlies vir sy familie en vir almal wat deur sy toewyding geraak is.
Die VF Plus eis dat die moordenaars van Babita Deokaran, Cloete, Thomas Murray, Van der merwe en ander fluitjieblasers sonder verskoning vasgetrek en hulle vervolg word.
Hierdie sluipmoorde is berekende aanslae om mafiasindiktate en misdadigers op โn hoรซ vlak te beskerm.
Die VF Plus betuig sy innige meegevoel aan sy familie, vriende en die Brakpan-gemeenskap. Mag hulle troos vind in die wete dat Marius as โn held gesterf het, standvastig in sy stryd teen korrupsie en misdaad.


