Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gemoedere loop hoog in Mogale City oor uitsit van diere by Kroningspark

Gemoedere het hoog geloop by die jongste raadsvergadering van die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) ná die aankondiging dat die staatsveearts alle diere by Kroningspark van kant moet maak.

Die plaasdiere is siek, ondervoed en besmet met parasiete, wat geen menslike alternatief laat as om hulle te laat uitsit nie.

Die teenwoordigheid van bek-en-klouseer in die provinsie het hierdie situasie word verder bemoeilik.

Dié diere was ‘n welkome aantrekkingskrag vir inwoners en het veral aan kinders die waardevolle geleentheid gebied om plaasdiere te sien en te beleef.

Terwyl die opmerking deur sommige raadslede, dat ‘n boer ‘n siek dier van kant sou maak, gedeeltelik waar is, ignoreer dit die belangrike kwessie dat die aanhou van diere ‘n groot verantwoordelikheid meebring.

Hierdie sleutelverantwoordelikheid is nie nagekom nie en die VF Plus dring daarop aan dat iemand aanspreeklik gehou word vir hierdie versuim.

Die VF Plus verwerp hierdie voortdurende patroon van munisipale verwaarlosing van bates, en veral wanneer lewende hawe betrokke is.

Dit is onaanvaarbaar dat die situasie so erg versleg het dat die staatsveearts geen ander keuse gehad het as om so ‘n bevel uit te reik nie.

Hierdie tragedie was voorkombaar en behoorlike sorg en verantwoordelike bestuur kon hierdie diere beskerm het en kon hulle vir die gemeenskap behoue gebly het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.