Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Wanbetaling en mislukte onderhandelinge verlam vullisverwydering in Ekurhuleni

Die huidige vullisverwyderingskrisis in Kemptonpark is nogmaals ʼn duidelike bewys dat die ANC/EFF-koalisie eenvoudig nie in staat is om die Ekurhuleni-metro effektief te bestuur nie.

Vir dae lank hoop rommel nou reeds in woonbuurte op.

Die metro probeer die skuld afskuif op “voortgesette onderhandelinge” met diensverskaffers, maar die werklikheid is dat verskeie kontrakteurs maande laas betaal is en dat die metro miljoene rande aan hulle verskuldig is.

Vir die VF Plus is hierdie gebrekkige dienslewering nie bloot swak bestuur nie, maar erge nalatigheid en direkte verraad teenoor inwoners wat getrou hul tariewe en belasting betaal vir dienste wat die metro nie kan waarborg nie.

Terwyl die metro inwoners vra om “geduldig te wees”, word hulle gedwing om vullis op hul erwe te hou of dit self na mini-stortingsterreine te vervoer. Gebiede soos Birchleigh-Noord, Terenure, Phomolong, Chloorkop en Norkempark Uitbreiding 4 is tans heeltemal sonder vullisverwydering.

Onder die ANC/EFF-koalisie het selfs basiese, roetine-munisipale funksies in Ekurhuleni in volskaalse krisisse ontaard.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat vullisverwydering weer direk onder die beheer van die metro geplaas word en verantwoordelik bestuur word.

Die huidige praktyk van uitkontraktering lei nie net tot die vermorsing van miljoene rande aan kontrakteurs nie, maar plaas ook kritieke beheer buite die metroraad se bereik.

Die inwoners van Ekurhuleni moet met die komende plaaslike verkiesing dié wat duidelik nie kan leiding gee nie by die stembus straf.

Inwoners verdien ’n regering wat hul belange werklik eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.