Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus versigtig optimisties oor nuwe waterbestuur-entiteit in Emfuleni

Die VF Plus neem met versigtige optimisme kennis van die bekendstelling van ’n entiteit genaamd ‘n spesiale doelvoertuig (SPV) om met die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se waterprobleme te help.

Die SPV is ’n nuwe regsentiteit wat spesifiek gestig is om die munisipaliteit se waterverwante dienste te bestuur. Rand Water sal 75% en Emfuleni 25% van die entiteit besit wat verantwoordelik sal wees vir die bestuur van watervoorsiening, stormwater-afvoer en rioolverwydering in die streek.

Hoewel die aankondiging ’n mate van politieke wil van Rand Water en die Gautengse provinsiale regering aandui, bevestig dit terselfdertyd die VF Plus se jarelange waarskuwing dat Emfuleni se infrastruktuur só verval het dat eksterne ingryping nie net wenslik nie, maar onafwendbaar geword het.

Inwoners ly al vir jare onder aanhoudende rioolstortings, wateronderbrekings, padverval, omgewingskade aan die Vaalrivier en ’n algehele gebrek aan behoorlike bestuur.

Die VF Plus, die gemeenskap en die media het hierdie probleme herhaaldelik uitgelig, maar sonder volhoubare optrede. Die afwesigheid van aanspreeklikheid het die krisis verdiep.

Die VF Plus sien die SPV as ’n positiewe stap vorentoe, maar wil beklemtoon dat dit meetbare resultate moet lewer en nie bloot net ’n politieke aankondiging moet wees nie.

Die party sal sy volle oorsigmandaat aanwend om toe te sien dat die entiteit se finansies en prosesse beskerm word teen wanbestuur en korrupsie.

Daar moet duidelike tydlyne, gereelde vorderingsverslae en deursigtige kommunikasie aan die publiek wees. Instandhoudings- en herstelwerk moet volhoubaar en strategies wees en nie opportunisties of verkiesingsgedrewe nie.

Die VF Plus sal aanhou om as waghond op te tree om alle rolspelers aanspreeklik te hou vir die beloftes wat gemaak is.

Die inwoners van Emfuleni verdien betroubare en doeltreffende dienslewering en nie verskonings, vertragings of politieke speletjies nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.