Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tekort aan reddingskake stel lewens in Ekurhuleni in gevaar

Die VF Plus is bekommerd oor die ernstige tekort aan meganiese reddingskake in die Ekurhuleni-metro, veral met die feesseisoen en toenemende padongelukke op hande.

Hierdie snytoerusting is van kritieke belang om slagoffers uit wrakke te bevry ná ernstige botsings.

Tog wys ’n verslag van die metro se oorsigkomitee vir gemeenskapsveiligheid dat sommige brandweerstasies in die metro geen eie stel het nie en dat een of twee stelle tussen verskeie stasies geroteer word. Ander stasies moet staatmaak op verouderde toerusting wat nie betroubaar is nie.

In noodgevalle beteken dit dat reddingspanne dikwels moet wag vir toerusting van ’n ander dorp wat tot onnodige lewensverlies kan lei.

Die tekort aan reddingskake is die gevolg van maande se vertragings in die voorsieningsketting asook begrotings- en tenderknelpunte binne die departement van gemeenskapsveiligheid.

Ekurhuleni beskik tans oor slegs 30 funksionele brandweerstasies, terwyl wetgewing vereis dat daar minstens 65 operasionele stasies moet wees om die metro se bevolkingsdigtheid en geografiese omvang behoorlik te dek.

Dit beteken dat minder as die helfte van die nodige infrastruktuur beskikbaar is.

Die VF Plus, wat deel is van die oorsigkomitee, doen ’n dringende beroep op burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza en die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Sizakele Masuku, om onmiddellik in te gryp.

Die verkryging en instandhouding van hierdie toerusting moet nou prioriteit geniet.

Daar kan nie van nooddienste verwag word om lewens te red met stukkende of afwesige gereedskap nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.